

Wed, 09 Dec
|Franschhoek Theatre
Ramkietjie
'n Viering van ou bekende nommers uit die FAK Sangbundel tot die musiek van Lucas Maree en Johannes Kerkorrel.
Time & Location
09 Dec 2026, 18:30 – 20:30
Franschhoek Theatre, 15 Akademie St, Franschhoek, 7690, South Africa
About the event
Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, bring op 9 Desember sy 2026 vlagskipproduksie ‘Ramkietjie’ na die Franschhoek Theatre.
Ramkietjie is ’n huldeblyk aan die rykdom van die FAK Sangbundel – daardie skatkis van tradisionele Afrikaanse liedjies wat geslagte lank gesinne, skoolkinders en kunstenaars begelei het.
Van die bekende “Op my ou ramkietjie” en “Die Magaliesburgse Aandlied” tot die poëtiese “Ou Musikant” en “Die Mannetjie”. Volgens Jannie het hy hierdie keuses gemaak op grond van persoonlike verbintenis en artistieke waarde. “Sommige liedjies het ’n nostalgiese konnotasie – ek ken hulle van kindsbeen af. Ander, soos Jan Pohl en Danie Bosman se werke, het ’n besondere digterlike kwaliteit en musikale sintese.”
Die program sluit ook geliefde, meer onlangse, liedjies van Johannes Kerkorrel, Lucas Maree, Anton Goosen en Louis van Rensburg in. ‘Ramkietjie’ bring bekende liedere, stories en nostalgie op ’n eg Suid-Afrikaanse manier na die gehoor.
Dis ’n besondere musiekervaring gedurende 2026 landwyd…
Tickets
R 220,00